Wêreldwyd op Woensdag

Carina Bester deel ’n paar wyshede en lees haar nuutste blog voor, getiteld: Barmhartige Samaritaan.

Audrey Painter vertel vandag meer oor Hongarye. Sy sê: Hongare maak ghoelasj van paprika en dieretuin veeartse gee die poeier vir flaminke om hulle pienk te hou. Strooi dit oor jou swart perd se kos en hy blink swarter, meng dit met henna om jou hare te kleur, en jou kop is dieper rissie rooi.

Cilleste van der Walt bied vandag se Plekkies in ons Land aan. Sy sê: Ek vertel vandag waar in Suid-Afrika kan jy jou siel en liggaam by warmbronne en spa’s kan verkwik.

Ingrid Scholtz se Venster op Europa gee elke week ʼn blik op wat in Europa en in die res van die wêreld aangaan. Ingrid woon in Nederland. Vandag sê sy: Escherichia coli pak Europa!

Martie en Jana Maree: In Kinderwêreld vertel Jana vandag verder aan die storie van Raponsie.

Play

Kommentaar

Lewer Kommentaar

Deur op "Stuur" te klik, aanvaar u ons Bepalings en Voorwaardes.