Watter beurse is deur Solidariteit Helpende Hand beskikbaar?

Laai af…

Solidariteit Helpende Hand het reeds ‘n groot beursplatvorm wat voortdurend uitgebrei word om soveel moontlik studente te help om verder te studeer.

Play

Kommentaar

43 reaksies op “Watter beurse is deur Solidariteit Helpende Hand beskikbaar?”

  1. Susan Flynn sê:

    Wil asb. weet hoe ek kan aansoek doen vir ‘n beurs – indien moontlik- vir my dogter. Sy wil Meganiese Ingenieurswese studeer.

  2. Moira-Marie Kloppers sê:

    Vir alle beursaansoeke kan u aan Dinah Theron ‘n e-pos stuur na dinah@helpendehand.co.za

  3. nadia Botha sê:

    wil asb weet hoe ek by solidaritiet kan aansoek doen vir beurs. my ouers behoort aan jul? ek wil onderwys gaan studeer.(grondsag vase)

  4. Moira-Marie Kloppers sê:

    Besoek http://www.helpendehand.co.za vir meer inligting oor beursaansoeke. Of skakel 0861 25 24 23

  5. Marcelle Ferreira sê:

    Ek is reeds ‘n bsc geologie en geografie student aan die Noord-Wes universiteit (Potchefstroomkampus). Ek sal graag wil ansoek doen vir ‘n beurs in my tweede jaar(2011).

  6. Erika Sieberhagen sê:

    Hoe doen ek aansoek vir ‘n beurs vir my seun?

    Dankie

  7. Moira-Marie Kloppers sê:

    Besoek http://www.helpendehand.co.za

  8. irene olivier sê:

    Kan u my asb laat weet hoe en waar ek kan aansoek doen vir ‘n onderwysbeurs. Ek is 30 jaar oud en wil graag onderwys gaan studeer. Ek sal u hulp regtig waardeer.

  9. Moira-Marie Kloppers sê:

    Kontak gerus Solidariteit Helpende Hand vir beursnavrae by 0861 25 24 23 of besoek http://www.helpendehand.co.za.

  10. Marietjie van Zyl sê:

    Hoe gaan ek te werk om aansoek te doen vir ‘n
    beurs vir my dogter vir 2012.

  11. Antoinette van Zyl sê:

    Hoe kan ek moontlik aansoek doen vir my dogter (pas matriek geslaag met goeie simbole) om verder te kan leer.Ekself is tans nie finasieel daartoe in staat nie?
    By voorbaat dank

  12. Moira-Marie Kloppers sê:

    Besoek http://www.helpendehand.co.za of skakel 0861 25 24 23 om meer uit te vind oor Helpende Hand se beurse.

  13. Mariè Stubbe sê:

    Goeie môre

    Graag wil ek net weet hoe kan ek te werk gaan sodat my dogter in aanmerking kan kom vir ‘n beurs. Sy is tans ‘n matriek leerling aan ‘n afrikaanse Hoërskool in KZN

    Dankie

  14. Erika Erasmus sê:

    Kan u asb help ons wil graag aansoek doen vir n studie beurs/lening vir my dogter wil graag haar kwalifiseer as haarkapser.
    Dankie

  15. lerina sê:

    Hi, ek soek bystand vir ‘n Lewensoriënterings taak wat my seun, tans in graad 12 moet doen. Ons moet inligting kry oor beurse vir studies. Met wie kan ek kontak maak, ons woon in Centurion. Baie dankie, Lerina

  16. Moira-Marie Kloppers sê:

    Kontak Solidariteit Helpende Hand by 0861 25 24 23 of 012 644 4390 en gesels met Dinah Theron. U kan ook ‘n e-pos aan Dinah stuur na dinah@helpendehand.co.za

  17. Mariet Nieuwoudt sê:

    Ek gaan defenitief weer terug kom om brokkies te luister … baie inspirerend

  18. Mathilda Gevers sê:

    Ek is reeds sedert 2010 hard aan’t soek na ‘n studiebeurs vir my meisiekind wat sedert Jan 2011 in Johannesburg studeer. Kan u asseblief help met ‘n kontakadres of name van ander instansies wat ek sou kon nader?
    By voorbaat dank!

  19. Carina van der Walt sê:

    Sal dit waardeer indien julle my in die regte rigting kan stuur met ‘n aansoek vir ‘n beurs vir ‘n student wat in 2012 in haar tweede jaar sal wees (Politieke Studies) – Watter maatskeppy het beurse vir hierdie rigting beskikbaar, wie kan ons nader?
    Groete
    Carina

  20. Moira-Marie Kloppers sê:

    Kontak Solidariteit Helpende Hand by 0861 25 24 23

  21. DAVID DU PLESSIS sê:

    EK WIL GRAAG MY STUDIES BEGIN OM N WERK TE KRY,MY LOOPBAAN KEUSE IS SIVIEL EN WIL GRAAG NHDP AGTER MY NAAM KRY,EK KRY OP DIE STATIUM VAN DIE GEVEG NIE WERK OMDAT EK BLANK IS EN OMDAT EK GEEN DIPLOMAS OF GRADE AGTER MY NAAM HET NIE MAAR WEL 15 JAAR SIVIELE PROJEKTE ONDERVINDING-GAUTRAIN MY LAASTE,VAN DAAR RETRENCH…..HELP ASSEBLIEF

  22. Jan Mostert sê:

    Ek wil graag weet waar kan ek vir my dogter aansoek doen vir ‘n beurs. Sy stel in die studierigting van Genetika belang. Sy is vanjaar in matriek.

  23. Karin sê:

    Besoek http://www.helpendehand.co.za of skakel Melani by 012 6444390 om meer uit te vind oor Helpende Hand se beurse.

  24. Karin sê:

    Goeie dag Jan,

    Ek sal voorstel jy begin met “recognition of prior learning”. Dan het jy die papiere wat dit net makliker maak om jouself te verkoop.
    Stuur asb jou cv na werknet@solidariteit.co.za

    Groete, Karin

  25. Jan botha sê:

    Wie dit mag aangaan

    My seun Donovan is swak siende . Hy is tans besig met sy graad 12 en wil graag verder gaan studeer as photograaf .Ek wil weet hoe gaan ons te werk om n beurse te bekom vir hom wat het ons nodig

    By voorbaat dankie

    Jan Botha

  26. Karin sê:

    Skakel gerus vir Melanie by 012 6444390 by Helpende Hand Beursinstituut

  27. Cherie Fourie sê:

    My seun is 18 en wil graag rugby as loopbaan maak. (Tuks rugbyakademie o.a) Hy het reeds vir n nasionale Skolespan gespeel , waarvan hy onderkaptein was asook vir die o/19 Polisiespan,en ander. As enigiemand my op die spoor kan sit van n beurs, sal ek dit waardeer.

  28. Annalie de Jager sê:

    My seun wil in 2012 graag aan Tukkies begin studeer vir Ingeneurswese. Ek sal enige inligting wat kan help om aansoek te doen vir ingeneurswese waardeer

  29. Moira-Marie Kloppers sê:

    Kontak Solidariteit Helpende Hand vir meer inligting omtrent studiebeurse. 0861 25 24 23

  30. jerome visagie sê:

    ek is tans in graad 12 en soek hulp met ‘n beurs. ek het aansoek gedoen vir onderwys. ek sal dit baie waardeur dankie.

  31. Elizabeth Siebrits sê:

    Hoe doen ek aansoek vir n studiebeurs??

  32. nicky sê:

    ek is opsoek na n beurs wat geborg kan word aan my. ek is die jaar in graad10. my passie is om met kinders te werk en wil graag n laerskool onderwyser word

  33. chante' pretorius sê:

    Bied Solidariteit enige beurse vir Sielkunde studente?

  34. chante' pretorius sê:

    Bied Solidariteit enige beurse vir Sielkunde studente? Ek is tans in matriek stel baie belang daarin alhoewel ek eers ‘n beurs moet he voor ek kan gaan studeer?

  35. Monique sê:

    Ek is tans besig met studiers aan Universiteit van Stellenbosch. Kursus is BA (Internasionale Studies)E.
    Het hulp van Universiteit ontvang maar daar is nog ‘n rekening van ±R25,000.00 uitstaande. Soek hulp hiermee.
    Ek wil graag BCOM doen maar kon nie weens my wiskunde uitslag in matriek. Ek gaan dus wiskunde oorskryf die einde van die jaar en hoop om beter te vaar sodat ek volgende jaar (2013) BCOM kan doen. Hiervoor het ek weereens finansiële hulp nodig.

  36. Trudie Naude sê:

    Kan julle my asb help my kind is eerste jaar mediese student en wil uirvind van beurse vir volgende jaar

  37. Andrie Germishuizen sê:

    Beste Melani

    Ek wil in 2013 Onderwys studeer .Het Senior Sertifikaat.Sal u asb. so gaaf wees om vir my beursvorms te epos.

    By voorbaat dank

    Andrie

  38. Annelie sê:

    Goeie dag

    Bied Solidariteit beurse aan vir Argitektuur en Grafiese Ontwerp? Sal inligting waardeer, asseblief.

    Groete

  39. GERAN OBERHOLZER sê:

    Ek is ‘n derde jaar Stad en Streekbeplanningstudent aan die NWU. Ek verneem graag of daar enige beurse/befondsing is vir my finale jaar?

  40. Simonique OBERHOLZER sê:

    Ek wil baie graag binnenshuise ontwerp studeer,maar beskik nie oor die nodige finansies vir die kursus nie. Ek is hardwerkend en uiters pligsgetrou. Ek is ook bereid om indiens opleiding te doen as u my moontlik kan help??

  41. Kobus Bezuidenhout sê:

    @Gerhan en @Simonique, julle navrae is na Helpende Hand aangestuur by diens@helpendehand.co.za.

  42. Annemarie sê:

    Goeie more
    Ek het verneem Solidariteitsuniversiteit gaan 2014 in werking wees. Hoe kan ek die Universiteit kontak om my kind in te skryf, ek kry nie veel op die internet nie. Hy beplan om regte te studeer.
    Ek hoor graag van u.
    Groete
    Annemarie

  43. superuser sê:

    Solidariteit is besig met die finale reëlings om ons eie universiteit te bou. Ons het reeds ‘n hoëronderwysinstelling, Akademia, wat verskeie kortkursusse aanbied en binnekort ook ‘n paar grade sal bied. Besoek gerus die webtuiste by http://www.akademia.ac.za en hou ons webtuiste dop vir nuus oor die vordering van ons universiteit (Die Kampus).

  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube