Program van hoop
Ons gesels met Gideon du Plessis van Solidariteit oor Werkersdag. Marita Enslin, Helpende Hand se maatskaplike werker gee vir ons raad oor werk… Karin Venter gesels met ʼn Bedryfsielkundige oor werksverwarring. Die Kosblikkieprojek het weer afgeskop! Hoe gaan dit hierdie jaar lyk? Lindie Strydom, die projekorganiseerder, kom vertel vir ons. Johan Beukes, spreker, lewensafrigter en [...]
Program van hoop
Ons sit die gesprek oor lewenslange leer voort. Juanita du Preez gesels met Flip Buys, die Uitvoerende Hoof van die Solidariteit Beweging oor vaardigheidsontwikkeling as ʼn beroepsvereiste. Marita Enslin, Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werker, gee vir ons raad… Karin Venter gesels met Vivienne Schultz van A2B oor aspekte van persoonlike ontwikkeling wat nodig [...]
Program van hoop
Wat is lewenslange leer? Juanita du Preez gesels met Professor Mariette Lowes van die Noordwes Universiteit oor wat lewenslange leer behels. Marita Enslin, Helpende Hand se maatskaplike werker gee vir ons raad… Karin Venter gesels in die gewilde Bobaasberoepe met dr. Paul Steyn van Akademia oor Volwasse Opleiding. In hierdie week se Program van Hoop [...]
Program van hoop
Ons vier hierdie komende naweek Jesus se kruisdood en opstanding, vergifnis van ons sondes, God se genade en die geskenk van hoop, maar hoe pas dit alles in my sinkhuisie en leë maag? As ek arm en honger en koud is sonder ‘n dak oor my kop of kos op my tafel, hoe relevant is [...]
Program van hoop
Solidariteit Helpende Hand het op 20 Maart Maatskaplike werker dag saam met die meer as 15 000 geregistreerde maatskaplike werkers in die land gevier. Maar ook ʼn waarskuwing gerig oor die uitdagings rondom maatskaplike werkers in die nie-regerings organisasie sektor Maatskaplike werk is ʼn gespesialiseerde beroepsveld en word geklassifiseer as ʼn skaars en kritieke vaardigheid. [...]
Program van hoop
In hierdie week se Program van Hoop gesels Lindie met ANDERS oor die voorreg om skeppend en entrepreneuries te wees en om te kan doen waarvoor jy voel jy gebore is! …maar ons vier ook die besonderse bydrae van maatskaplikewerkers! Susan Coetzer deel haar gebed, hoop en wense vir ons engele in die gemeenskap! Johan [...]
Program van hoop
Dra die ontspanne onproduktiwiteit van die luilekker vakansiedag op 21 Maart enigsins by tot die viering of beskerming van menseregte? Verdien ek regtig so ʼn tone-tel-geleentheid as ek nog nooit aktief deelgeneem het aan ʼn proses om werklik ʼn brug tussen die rykstes se voorregte en die armstes se mees basiese regte te bou nie? [...]
Program van hoop
Is Suid-Afrikaners dankbare mense en hoe wys ons dit? Wat is die grootste verskil tussen dankbare en ondankbare mense en maak die gewoonte van dankie-sê jou noodwendig ‘n dankbare mens? Helpende Hand se Voorregtemaand-vieringe skop hierdie week af met ‘n week van DANKBAARHEID en predikant, skrywer, spreker en besigheidsvrou, Liesel Krause Wiid, gesels saam oor [...]
Program van hoop
Moet ons eers goed voel oor onsself voor ons kan wegkyk van onsself? Of is dit juis die wegkyk en die om ons kyk wat perspektief bring en ons goed laat voel? In hierdie week se Program van Hoop vier Helpende Hand Nasionale Voelgoedweek saam met Finesse tydskrif! Vrouens word aangemoedig om hulle volle potensiaal [...]
Program van hoop
Op die vooraand van Internasionale Moedertaaldag, gesels Lindie in hierdie week se Program van Hoop, oor Afrikaans as moedertaal! Daar is net twee monumente vir taal in die wêreld – beide in Suid-Afrika! Die een vir Nederlands (1893) en die ander vir Afrikaans (1975)! Johan Beukes, spreker, lewensafrigter en leierskapontwikkelingkenner se Inspirasie insetsel bied meer [...]




