Program van Hoop

Lindie Strydom is steeds in die buiteland en Marietjie Smit staan weer in vir haar Program van Hoop hierdie week: daarom het die program weer ʼn ander kleur as gewoonlik.

Hierdie week se program is gemik op mense wat vir die eerste keer óf vir die eerste keer in ʼn lang tyd weer vir ʼn werk aansoek doen.  Saam in die ateljee kuier Annette Taljaar, Solidariteit Helpende Hand se eie psigometris, en Lianie Coetzer, ʼn Bedryfsielkundige van Schoombee, Wessels en Vennote.

Hulle gee kenner raad oor hoe om jou CV op te stel, hoe om vir ʼn werksonderhoud voor te berei en ook moets en moenies tydens die onderhoud.

Hierdie week doen Marietjie ook ʼn resensie oor ʼn CD wat die afgelope week in die Kaap bekendgestel is.  DSG is ʼn “band” van die NG Kerk Welgelegen in die Kaap en hul CD, Hier en Nou, is op 17 Junie bekendgestel.  Die vars, verfynde, Afrikaanse Christelike musiek is ʼn móét vir jou i-pod! Ons luister na ʼn paar liedjies op die CD en gesels ook met die man agter die CD en die skrywer van die liedjies, Sybrand Strauss.

Play

Kommentaar

Lewer Kommentaar

Deur op "Stuur" te klik, aanvaar u ons Bepalings en Voorwaardes.