Program van hoop

Ons vier hierdie komende naweek Jesus se kruisdood en opstanding, vergifnis van ons sondes, God se genade en die geskenk van hoop, maar hoe pas dit alles in my sinkhuisie en leë maag?  As ek arm en honger en koud is sonder ‘n dak oor my kop of kos op my tafel, hoe relevant is die boodskap van Paasfees vir my?

Andries Enslin, predikant van Alberton LewenSentrum en ook die aanbieder van KykNET se “Die Woord”, gesels met Lindie in hierdie week se Program van Hoop.

Die Woord saai elke Sondag om 08:30 en 17:30 op kanaal 111 uit en daar is ook oordenkings op Maandae, Woensdae, Vrydae en Saterdae oggende om 05:55 en Dinsdae en Donderdae om 06:25.
Kontak gerus die sentrum vir meer besonderhede: 011 867 7244

Johan Beukes, spreker, lewensafrigter en leierskapontwikkelingkenner se Inspirasie insetsel bied meer oor roeping, leierskap, `n lewe van sin en betekennis, outentiekheid, verhoudings, potensiaal en beroepsafrigting!

In Bobaas beroepe gesels Karin Venter oor `n gesindheid van lewenslange leer.

Play

Kommentaar

Lewer Kommentaar

Deur op "Stuur" te klik, aanvaar u ons Bepalings en Voorwaardes.