Momente en Monumente
Op 10 November 1483 in ‘n klein dorpie, Eisleben in die Saxony distrik in Duitsland het Hans en Margarethe Luther hulle eerste van sewe kinders, ‘n seuntjie in die wêreld verwelkom. En soos die gebruik in daardie tyd was, is hy na die St. Martin, die heilige op wie se feesdag hy gebore is, vernoem.
Martin het sy geloofslewe baie ernstig opgeneem en selfs nog meer toe hy ‘n monnik geword het. Hy het tot 20 keer per dag skuldbelydenis gedoen en op die koue sementvloer geslaap. Hy het ‘n geweldige vrees vir God gehad.
Martin Luther. Danksy hom kon gewone mense vir die eerste keer die Bybel in hul eie taal lees en die ware God, die God van liefde en genade leer ken. ‘n Leierskap en vasberadenheid wat tot vandag nog ook in ons geskiedenis neerslag vind.
Podcast: Speel in nuwe venster | Laai af (Tydsduur: 6:25 — 5.9MB)





3 November 2010 at 14:46
31 Oktober staan in kerklike kringe bekend as HERVORMINGSDAG. Op hierdie dag in die jaar 1517 het Martin Luther, volgens oorlewering, sy 95 stellinge teen die kerkdeur van Wittenberg, vasgespyker.
Baie van hierdie stellings was nie juis iets nuuts in daardie tyd nie want van hulle het reeds jare vantevore al wyd weerklink. Die ses-en-tagtigste stelling het bv gesê: “Waarom bou die pous, wie se rykdom tans groter is as dié van Kroesus, die Petruskerk nie eerder van sy eie geld, in plaas van dié van die armes nie”?
Luther se stellinge het vinnig versprei en het spoedig die ore van die pous en die Dominikane bereik wat van oordeel was dat Luther die onfeilbaarheid van die “kerk” en die pous aangetas het. Dit was egter die eerste keer in die geskiedenis van die “kerk” dat iemand op ‘n plek gedruk het – die materialistiese sagte plek – waar die kerk seergemaak is. Eintlik het Luther se stellinge die hart van die “kerk” aangetas!
Alhoewel herdenkings van hierdie dag wel deur sommige reformatoriese kerke bekend gemaak word, word dit slegs hier-en-daar of plek-plek gehou en is dié dag nie eintlik iets waaroor die lidmate van hierdie kerke opgewonde raak nie. Spesiale kerkdienste word ook oor die algemeen maar swak bygewoon en word daarom op die Sondag naaste aan die 31ste Oktober van elke jaar in die vorm ‘n gesamentlike diens vir ‘n streek of geografiese gebied gehou.
Die oorsaak hiervan is ook nie sonder rede nie. Eerstens het die woord HERVORMING uit ‘n politieke oogpunt ‘n wrange smaak in die mond en gevoel in die hart van menige Afrikaner gelaat. Aan die ander kant het baie lidmate van die reformatoriese kerke in ‘n groot mate vervreemd van hul kerke geraak weens die politieke rol wat hul kerke in die oorgang na die “nuwe SA” gespeel het. Die gevolg was dat daar ‘n breuk binne hierdie kerke ontstaan het wat aanleiding tot kerkskeuring gegee het en uiteindelik gelei het tot die totstandkoming van die AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK. Baie NG- en van die drie Afrikaanse kerke het begin leegloop omdat lidmate wat nie na die APK oorgeloop het nie, sommer net die kerk verlaat het of kerkloos en kerklos geraak het.
Saam met die “hervormingsrol” wat die drie Afrikaanse Protestants/Reformatoriese of sg Calviniestiese kerke in die politiek gespeel het deur sg. apartheidsbelydenisse wat glad niks met die kerk en sy bediening van die evangelie te doen het nie, het baie van hulle ook al hoe meer vrysinnig in hul godsdiensbenadering geword. Die gevolg is dat die meeste van hierdie kerke vandag afgedwaal het van hul oorspronklike reformatoriese erfenis en as’t ware charismatiese hole geword het. Gaan maar na enige Hervormde, Gereformeerde, of N G Kerk, en sien hoe vrysinnig sommige van hulle in hul liturgiese orde, prediking en bediening van die sakramente ens., geword het. Daar is wel kerke wat nog vashou aan hul reformatoriese erfenis, maar hulle is vér in die minderheid.
Hierdie afdwaling van hul reformatoriese erfenis is ook nie sonder rede nie. Dit kom juis reeds direk van die ontstaan van die Hervorming af. In die Roomskatolieke “kerk” het daar ‘n groep by name van die Jesuïetiese Priesters ontstaan wat hulle ten doel gestel het om ‘n “kontra-reformasie” te bewerkstellig. Om in hierdie doel te slaag het hulle ‘n aanslag teen die reformatoriese kerke vanuit die Vatikaan en derhalwe direk uit die hel, aangestig. Die Jusuïetiese Priesters het hierdie kerke deur die eeue binnegedring en in meer onlangse jare en dekades selfs van charismatiese “kerke” gebruik gemaak om hul doel te bereik. Baie van hierdie Jusuïetiese Priesters staan Sondae op preekstoele van reformatoriese kerke en predik hul vrysinnige, eiesinnige en misleidende godsdiens en die goedgelowige lidmate aanvaar dit maar soos wat hulle die misleiding in die politiek ook aanvaar het!
‘n Groot charismatiese leier wat waarskynlik sonder sy medewete as so ‘n priester gebruik is, was Billy Graham wat met sy opelugdienste groot skares mense getrek het. In hom het die Vatikaan iemand gesien wat ‘n brug tussen die Protestante en die Roomse “kerk” kon slaan. In hierdie verband vermeld ds Johan Gouws in sy boek DIE STRYD OM DIE WAARHEID, die volgende insiggewende waarheid:
“In ‘n brief wat gedateer is 19 Maart 1965 skrywe C E Allen, die onder-president van die Roomskatolieke kollege van Belmont in Noord-Carolina: ‘Ek het Billy Graham se loopbaan gevolg en moet beklemtoon dat hy meer Katoliek is as andersins en ek sê dit nie op ‘n partydige wyse nie, maar as ‘n feit…. Ek wil dit stel dat hy in staat is om Katolieke en Protestante byeen te bring op ‘n gesonde ekumeniese manier. Die Catholic Herald van 3 Junie 1966 berig dat Billy Graham ‘n vriend van die Jesuïete in Amerika is. Gedurende 1967 ken die Belmont Kollege ‘n eredoktorsgraad aan hom toe…… Op 13 Januarie 1981 verklaar die ‘Religious News Service’ Pous Johannes Paulus II het meer as twee uur samesprekings met Billy Graham gevoer – die wêreld se gewildste evangelis. Na die New England-veldtog is duisende wat uitgekom het vir Christus, nou besig om aan te sluit by die Katolieke Kerk.”
Die aanslag vanuit die Vatikaan deur die Pous van die Roomskatolieke “kerk” was so subtiel dat baie Afrikaners, hul predikante en hul kerke, glo dat die stryd in Suid-Afrika slegs ‘n maatskaplike, ekonomiese en politieke stryd is. Die geskiedenis toon egter die teenbeeld nl dat dit ‘n geestelike en godsdienstige stryd is; dat die politieke stryd maar slegs ‘n front is en dat daar in wese in Suid-Afrika magte agter die skerms in diens van die Satan is wat daarop uit is om die Hervormingserfenis van die Afrikanervolk te vernietig. Uit die Vatikaan sou ‘n nuwe benaderingswyse tot die Protestante begin word en dit is nl om die allesoorheersende mag van die Roomse leer te vestig. Die modus operandi en invalspoort sou die kwessie van BYBELVERTALINGS wees!
Ds Johan Gouws meld in bg boek van hom verder hieroor soos volg: “Die Roomse ‘kerk’ in diens van Satan het opnuut op die laakbaarste wyse toegeslaan op die geestelike karakter van die Afrikanervolk. In die naam van godsdiens het hierdie instrument van die Antichris op ‘n subtiele wyse daarin geslaag om die nuwe Afrikaanse ‘bybel’ aan die Afrikanervolk op te dwing. Dit is die grootste aanslag op die Woord van God in die ganse geskiedenis van die Afrikanervolk. Die aanslag is uit die Vatikaan geloods, maar so vernuftig verbloem dat dit as die waarheid aanvaar is”. (By verre die meeste Afrikaanse kerke, hul predikante en hul lidmate, gebruik hierdie vertaling op sigwaarde sonder om op die agtergrond, herkoms en ontstaan daarvaan in te gaan. Selfs die meeste professore en doktore aan die verskillende Afrikaanse kerke se teologiese skole, is onkundig hieroor! – my byvoeging – G.K.)
Ds Gouws vervolg: “Die Rooms-katolieke vereniging, die ‘World Catholic Federation for the Biblical Apostolate’ (WCFBA) het voortdurend ‘n direkte aandeel in die United Bible Society (UBS) se Bybelvertalingsprojekte. Teen 1976 is berig dat meer as 130 Bybelvertalingsprojekte reeds geloods is. In 1984 het die president van die WCFBA, Alberto Ablondini, die biskop van Livorno in Italië verklaar dat die Bybelvertalingsprojekte ‘een van die belangrikste stappe in die voortgang van eenheid na die Tweede Vatikaanse Vergadering’ is en ”n belangrike stap na eenheid’ en dat dit ‘sal help om die vooroordele in ‘n verskeurde kerk te oorbrug’, (World-Event, 57/1984 p6). Die Wêreldraad van Kerke wat in 1948 tot stand gekom het, se strewe is om alle godsdienste te verenig in een wêreldgodsdiens……. Lede van die Uitvoerende Raad van die WRK dien ook op die Uitvoerende Raad van die UBS, sodat hierdie ulluminatie-strewe uitgevoer kan word (TBS Ecumenism and the United Bible Societies, 72). Die Roomse ‘kerk’ en die magte agter die skerms het nie vir een oomblik die strewe om die ‘verskeurdheid’ wat deur die hervorming op die spits gedryf is, te herstel, laat vaar nie, omdat dit Satan se doelwit is om die waarheid te probeer vernietig. Die magte agter die skerms was met spoed onderweg na Suid-Afrika!”
In ‘n volblad artikel in BEELD direk ná die oorlye van Pous Johannes Paulus II, onder die opskrif BITTEREINDER VIR SY GOD – Kwarteeu as pous ‘n voorbeeld van opoffering, deur André Pretorius, word, wat in die bogemelde aanhalings uit ds Gouws se boek oor die Pous, die Vatikaan en Roomse “kerk” vermeld word, inderdaad bevestig. Daarin word hy opgehemel as die Pontifex Maximus, m a w as die opperste brugbouer tussen mense en God, tussen kerke en God, tussen mense en regerings en tussen mense en idiologië. So word daar in die betrokke artikel, bv onder die opskrif Die Fatima-profesieë, die volgende van hom vermeld: “Hul vrese was geregverdig: die jare 80 het bewys Johannes Paulus het nie net die sleutels van die Koninkryk van God bewaar nie, maar ook die sleutels wat die Ystergordyn sou oopsluit.” “Ongeag die teorieë oor sy samewerking met die CIA korrek is, sy rol in die val van kommunisme kan nie ontken word nie. Sy sensitiewe en slim diplomasie in Pole het net soveel bygedra tot die revolusies van 1989 as die optrede van Thatcher, Reagan en Gorbatsjof……” “…….Die wêreld wat sy filosofie oor die waarde van menslike lewe aanvaar het om die kommunisme te verslaan, het dié filosofie vergeet en ‘n ‘kultuur van die dood’ aangeneem.
Dit is net jammer dat die skrywer nie ook uitwys welke rol die Pous, die Vatikaan en die Roomse “kerk” agter die skerms gespeel het om Suid-Afrika aan ‘n godlose swart kommunistiese meerderheidsregering uit te lewer nie! Oor die kwessie van die val van kommunisme is daar tydens die vorige bedeling deur die destydse NP en hul ministers dikwels aan die kieserspubliek vertel dat Kommunisme dood is. Snaaks dat dit blykbaar net elders in die wëreld die geval is maar nie in SA nie! Hierdie is tog geen geheim nie en daaroor sê ds Gouws:
“Die doelwit van Satan en sy magte agter die skerms is om ‘n nuwe wêreld te hê wat aan hul verwagtings voldoen. ‘n Uiters slinkse bedrogsprul is besig om hom voor die oë van die aardbewoners af te speel. Hierin is Suid-Afrika nie die uitsondering nie, maar die reël.” “In die moderne gees van uitsprake soos: ‘Kommunisme is dood’; ‘die USSR is tot niet’, ‘die Rooi Beer leef nie meer nie’ en ‘die einde van die koue oorlog’, vind juis die ontwaking van die Wëreld-Kommunisme plaas. In die naam van ‘Demokrasie’ word meer en meer lande ‘onafhanklik’ en verkry hulle ‘vrye markstelsels’. Die beplannings en die uitvoering van hierdie ‘onafhanklike’ en ‘demokratiese’ regerings word deur die Joodse Internasionales, die Vatikaan en die Russiese Regering van stapel gestuur. Die hele proses is daarop ingestel om regerings tot stand te bring wat bereid is om in te skakel by die Satanstelsel van die Nuwe Wêreldorde…….” “…….Die godsdienste van die wêreld sal in een groot valse Satansbinding gestalte vind. ‘n Artikel wat in die Windhoek Advertiser (11 Julie 1992) verskyn het, lees soos volg: ‘Deurdat die protestantse geloof die NEW AGE teenstaan, moet alle Protestantisme uitgewis word en diegene wat weier om hulle protestantse geloof op te gee, gestraf word. Want ons is besig met die opbouing van ‘n Nuwe Wêreldorde waar daar nie plek sal wees vir Christene met ‘n primitiewe, ongesonde en idiotiese geloof nie! Ons as NEW AGERS is hier om dié wêreld te herskep en te verander tot ‘n nuwe utopia.”
Hierdie uitlating moet nie ligtelik opgeneem word nie. Want ons sien reeds in die verskillende sg reformatories-protestantse kerke hoedat die Jusuïetiese Priesters in hul doel slaag om van dié kerke weer Roomskatolieke New Age “kerke” te maak! Dit word gesien in die onlangse aanvaarding van die Belhar Belydenis deur twee sinodes van die N G Kerk; stappe in die rigting van die sosialisering van die N G Kerk asook deur geredelike en gemaklike aanvaarding van T T Cloete-liedboek deur aldrie Afrikaanse kerke waarvan die omdigting op die 1983-”bybel” berus, welke “bybel” se grondtekste vreemd aan die Reformasie is.
Ds Gouws sê hieroor: “Hierteenoor sal daar ‘n klein groepie gelowiges wees wat vashou aan ‘n eenvoudige, weliswaar eensame belydenis, soos dit deur alle eeue weerklink het – hul Hervormingserfenis. Hulle sal weet hoe om op te tree, want dit sal hulle in daardie uur gegee word.”
———-oooooo00000ooooo———–