Meer oor die Program
Hulle begin hul program elke week met 'n kekkel en 'n bulk. Kallie en Alana verteenwoordig AfriForum, die burgerregte-inisiatief van Solidariteit, elke Dinsdag op Solidariteit Radio. Maak jy dié burgerregte-aktiviste die hoenders in of doen jy 'n dapper ding, staan Kallie en Alana elke week op DinsdagForum reg om vir jou die nodige erkenning te gee!
Kallie en Alana gesels Dinsdae oor alles wat Afrikanerharte warm laat klop. Hulle veg vir die behoud van ons Jakarandastad se naam - "Pretoria bly Pretoria!" - beland amper in die tronk met "Mugabe go home" en help dan verplante Afrikaners om weer in hul vaderland wortel te kom skiet.
Medewerkers
Foto's
Skakels






