Dirk op Donderdag
GD Star Rating
loading...
loading...
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
Waar of vals?
Prins Mangosuthu Buthelezi vra om verskoning vir die moorde op Piet Retief en sê dit is ʼn klad op die geskiedenis van die Zoeloes.
Luister vandag na ʼn onderhoud met Prins Buthelezi en hoor iets wat baie min mense weet!
Ook in vandag se program:
Bobaas Beroepe: Aptekersassistente
Regsvraag: Wanneer kan ontslag “as gevolg van onvermoë om werk te verrig” regverdig word?
Podcast: Laai af (25.1MB)





29 Julie 2010 at 16:18
Ek waardeer dit alhoewel ek nie dink dat dit was nodig vir Dr. Buthelezi om omverskoning te vra vir sy voorvaders se wandade nie.
Dit gaan net lei tot ‘n gevoel van ons wat vir ander dieselfde moet doen, wat geen verskil gaan maak nie.
Wat SA nodig het is dat die huidige leiers omverskoning moet vra vir hulle onvermoee om die huidige burgers nie in toom te kan hou en beheer nie.
Die verlede is onherroeplok verby en ons moet nou op die hede en toekoms fokus.
Dit gaan nie help om nasiebou te versterk as ons elke nuwe dag van nuwe moord en ander misdaad hoor of ervaar nie.
As dit so aangaan sal ons ‘n land van verskonings en blaam wees tot in lengte van dae.
Daar moet nou opgetree word om die geskiedenis van die toekoms mooier te laat wees.
Ek weet Dr. Buthelezi is ‘n man van inbors en ek dink hy skud sy kop in ongeloof oor sy medelandgenote se onbevoegdheid en waansin.
Ek hoop nie iemand sal dit nodig ag om oor 100 jaar omverskoning hoef te vra dat hy nie vandag ‘n verskil gemaak het nie.