Paneelbespreking: Gretha Wiid
GD Star Rating
loading...
loading...
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
Helpende Hand se Program van Hoop hoor vandag uit die perd se bek presies wat Gretha Wiid se bediening behels, hoe sy voel oor die kritiek van “preek” sonder “lisensie” en of sy haar opinie oor onderdanigheid verander het na die debakel…
Verder wil ons weet of die media haar vriend of vrees is en hoekom 7000 vroue op 9 Augustus moet hoor hulle is “worthy”!
Podcast: Laai af (10.4MB)





28 Julie 2010 at 09:32
Gretha wat jy en Franscois doen is great. Ongeag die mense daarbuite wat julle kritiseer, hou net aan, julle dra net Gods se Woord en Gods se boodskap oor en dit verander lewens tot inkeer na God en uitbreiding van Sy Koningkryk. Bid vir julle. Lief vir julle. Groete
3 Augustus 2010 at 15:21
Ek stem 100% saam met Jenny – hou so aan, julle is kosbare dissipels vir Jesus en julle maak ‘n groot verskil in baie mense se lewe.
Ek het met Gretha se parenting cd’s begin en later ook die huweliks info en ons is ‘n ander gesin vandat ons die Godly prinsipals wat sy sooo mooi verduidelik het deel van ons lewe begin maak het. Ons het geestelik gegroei en is aan die brand vir Jesus ons koning.
Met haar gemengede taal en manier van dinge verduidelik het sy baie mense bereik wat nooit voorheen die waarheid kon/wou hoor nie.
3 Augustus 2010 at 15:37
Daar moet meer mense wees soos Gretha & Francois. Hulle het guts! Daar is ‘n doel wat met hul eie lewens gebeur het. Sodat ons almal daaruit kan leer. Hul boodskappe is kragtig, leersaam, uitvoerbaar en uitstekend. Ek kan met trots sê ek het al vele van hul inligting sessies & huwelikskamp bygewoon. Asook hul DVDs gekyk en boeke gelees. Ongelooflik & amazing! Mag die Here jul seên en krag gee om die goeie werk & bediening voort te kan sit. Be blessed!
3 Augustus 2010 at 15:43
Gretha jy is GREAT!! Ek geniet jou guts!!
Dankie dat jy soveel insit, en dankie
dat jy ‘n mens-mens is. Dankie dat jy
sooo lief is en omgee vir ons almal.
Dis net ‘n plesier om jou te sien en hoor.
Jy is ‘n groot en goeie voorbeeld, vir elke
vrou. U ARE WORTHY!! Baie dankie. Blessings!!
3 Augustus 2010 at 16:23
Gretha se reekse en “Teachings” het my en my kerel baie gehelp om goeie christelike fondamente in ons verhouding te bou. Ons sal nou voorbereid die Huwelik ingaan.
Baie dankie Gretha, Hou Moed, jy help baie mense. Mag die Here jou ryklik Seen en baie dankie vir al die opofferings wat jy en jou familie maak om te kan doen wat jy doen.
Die enigste Een wie se opinie saak maak is God sin.
Groete
11 Augustus 2010 at 11:50
Maandag het ek en my dogter die byeenkoms bygewoon! Dit was vir ons fantasties! Ons is daar uit met baie meer kennis en baie inspirasie. Ek het weer besef, mens hoef nie ‘n lisensie te he om te “preek” of “spreek” nie… Gretha is ‘n instrument van God…en ons weet vir seker, SY IS LIEF VIR GOD!!!