Mense op Maandag
loading...
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
Helpende Hand se Program van Hoop hoor vandag uit die perd se bek presies wat Gretha Wiid se bediening behels, hoe sy voel oor die kritiek van “preek” sonder “lisensie” en of sy haar opinie oor onderdanigheid verander het na die debakel… ? Verder wil ons weet of die media haar vriend of vrees is en hoekom 7000 vroue op 9 Augustus moet hoor hulle is “worthy”!
Lindie ondersoek ook die internet debat wat losgebars oor wit armoede na Finbarr O’Reilly sy foto’s van Kroningspark plakkerkamp aan die wêreld gewys het. Wat is mense reg oor die wêreld se opinie oor dit wat die foto’s wys…?
Elza Meyer het jare lank by God gepleit vir uitkoms teen die vernietiging van ons land en sy mense. Op ‘n dag het Hy haar geantwoord…. en toe moes sy soos Ester van ouds die opdrag uitvoer al het sy gedink haar stem is te sag…
Podcast: Laai af (30.7MB)




