Mense op Maandag

GD Star Rating
loading...

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Hoe lyk hoop vir `n behoeftige kind en `n ouer van `n vermiste kind?

Vir die een is HOOP blou en propvol skryfbehoeftes en vir die ander is HOOP die wag vir ʼn oproep dat jou sussie of kind na 20 jaar gevind is en dalk nog leef!

In vandag se program herleef ons weer die Gert van Rooyen en Joey Haarhoff-storie en die geheim wat na hulle selfmoord – nou 20 jaar gelede – saam met hulle graf toe is.
Ons gesels met Herman Wapenaar – die broer van Annemari Wapenaar, een van Gert van Rooyen se slagoffers.  Hoe behou jy hoop?  Is hoop goed of moet jy die boek op ʼn stadium toemaak en hoe?

Ons maak julle deel van Helpende Hand se aksie die afgelope week by Gert van Rooyen se leë erf en ons beroep op die regering om hulle leë beloftes om effektiewe kinderbeskermingseenhede weer in te stel, na te kom.

Mariana Kriel neem ons ook in die praktyk met ʼn lekker insetsel waar sy die afgelope week vir opgewonde Graad eentjies skool tassies gaan uitdeel het.

Hoop is die rede.
Waar daar geen hoop is nie, kan daar geen inspanning wees nie.

Mense op Maandag, 4.5 out of 5 based on 2 ratings

Kommentaar

Lewer Kommentaar

  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube

Warning: Unknown: open(/usr/home/solido/.tmp/sess_7e1e763712ee5c72f561d4dbda43d8cc, O_RDWR) failed: Disk quota exceeded (122) in Unknown on line 0

Warning: Unknown: Failed to write session data (files). Please verify that the current setting of session.save_path is correct (/usr/home/solido/.tmp) in Unknown on line 0