Mense op Maandag
loading...
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
Wil jy ook maer word in 2010?
Koos van der Merwe skryf in sy gedig, “Almal wil”: “almal wil maer word, maar niemand wil minder eet nie.” Wat gaan jou in 2010 daai 5kg laat verloor? Ons herken (en erken) ʼn paar hindernisse, raak prakties oor wat jou sukses kan beïnvloed en gesels met ʼn vrou wat op die Weigh-Less-program 65 kg afgeskud het en dit ná 2 swangerskappe – afgehou het!
Nie almal sien met opgewondenheid uit na die jaar wat voorlê nie. Vir baie is die enigste voorneme vir 2010 – oorlewing.
Hoe kan ek in my voornemens plek maak om vir meer mense HOOP in Suid-Afrika te skep?
Rondom ons tema van, VOORNEMENS, gesels ons ook met die CEO van die Gautrain projek, Jack van der Merwe, oor ʼn trein wat al in 1997 gedroom is en eers 13 jaar later gaan realiseer. Hoe bly mens gemotiveerd ongeag Jan-publiek se oningeligte kritiek? Hoe neem jy ʼn 100 000 bladsye beplanningsdokument van idee tot realiteit? Kom leer saam die roetes, kostes en hoekom jy sal wil trein ry hierdie jaar.
Ons vat jou in 2010 van INTENSIE tot AKSIE en is gereed met Goeie Nuus, praktiese raad en inspirasie tot trots Suid-Afrikanerskap!
Podcast: Laai af (38.2MB)




