Die suur van die sokker
Laai af…
Daar is ook ‘n suur kant aan vanjaar se sokker. En dit is die Pieter Mokaba stadion in Pietersburg. Wie was Pieter Mokaba werklik? AfriForum Jeug het gister ‘n internasionale bewusmakingsveldtog oor Pieter Mokaba en sy tragiese nalatenskap geloods. Hulle het ook ‘n dokumentêr daaroor verfilm en vandag op Solidariteit Radio luister ons eksklusief [...]
AfriForum Jeug
Laai af…
Steve Hofmeyr is die stem in AfriForum se minidokumentêr oor wie en wat Pieter Mokaba werklik was. FIFA weier om hul “lofprysing” van Mokaba te staak en het boonop nou ‘n verbod op alle betogings (’n grondwetlike reg) geplaas. Ernst Roets het met Steve Hofmeyr oor sy betrokkenheid by die projek gesels.
Hoop teen misdaad
Laai af…
Ernst Roets is vandag in Potchefstroom by ‘n hofsaak teen die vermeende moordenaar van ‘n Potchefstroomse boer. Hy is nadat hy aangerand is agter ‘n bakkie aangesleep tot hy aan sy wonde beswyk het. Ironies, is die hof in Pieter Mokabastraat, die berugte voormalige ANC Jeugliga-leier wat “Kill the boer, kill the farmer” gesing [...]
Dag van protes ‘n reuse sukses
Laai af…
Dirk Hermann gesels met Ilze Nieuwoudt oor Solidariteit se nasionale dag van protes teen misdaad. Meer as 350 memorandums is landswyd by polisiestasies oorhandig en duisende mense het rooi gedra om hul steun vir die veldtog te wys.
Kerke protesteer teen misdaad
Laai af…
Solidariteit het op al die kerke in Suid-Afrika ‘n beroep gedoen om deel te neem aan die dag van protes teen misdaad. Volgens ds. Ben du Toit moet Christene juis op grond van die Evangelie van Jesus Christus aan nie-gewelddadige protes teen alle vorme van geweld deelneem.
Kinders protesteer teen misdaad
Laai af…
Talle skole het aan die dag van protes teen misdaad deelgeneem. Dirk Hermann gesels met Monique Croucamp (gr 6), wat by haar skool ‘n unieke inisiatief geloods het.
Protessukses in die Wes-Kaap
Laai af…
Dirk Hermann gesels met Erika Rossouw oor die protesaksies wat in die Wes-Kaap as deel van Solidariteit se nasionale dag van protes teen misdaad gehou is.
Protessukses in Kameeldrift
Laai af…
Dirk Hermann gesels met Nic Arnold oor die aksie wat in Kameeldrift gehou is as deel van Solidariteit se nasionale dag van protes teen misdaad.
Protessukses in Johannesburg
Laai af…
Dirk gesels met Marius Croucamp oor die memorandums wat by Johannesburgse polisiestasies afgelewer is as deel van Solidariteit se nasionale dag van protes teen misdaad.
Protessukses in Bloemfontein
Laai af…
Andre van der Merwe vertel meer oor die aksie wat in Bloemfontein gehou is, as deel van Solidariteit se nasionale dag van protes teen misdaad.




