AfriForum Jeug

Laai af…
Steve Hofmeyr is die stem in AfriForum se minidokumentêr oor wie en wat Pieter Mokaba werklik was. FIFA weier om hul “lofprysing” van Mokaba te staak en het boonop nou ‘n verbod op alle betogings (’n grondwetlike reg) geplaas. Ernst Roets het met Steve Hofmeyr oor sy betrokkenheid by die projek gesels.

Luister nou Kommentaar

Hoop teen misdaad

Laai af…
Ernst Roets is vandag in Potchefstroom by ‘n hofsaak teen die vermeende moordenaar van ‘n Potchefstroomse boer. Hy is nadat hy aangerand is agter ‘n bakkie aangesleep tot hy aan sy wonde beswyk het. Ironies, is die hof in Pieter Mokabastraat, die berugte voormalige ANC Jeugliga-leier wat “Kill the boer, kill the farmer” gesing [...]

Luister nou Kommentaar

Schalk Baard: So word sangers besteel

Laai af…
Schalk Baard van die acapella groep, Naviredd gesels oor die gevolge van gekopieerde CD’s vir opkomende sangers.

Luister nou Kommentaar

Tobie Meyer: ‘n Bybelse definisie van misdaad

Laai af…
Is misdaad net daardie dinge wat die regering verbied? Of het Christene ‘n hoër standaard? Wat is die Bybelse definisie van misdaad en is daar so iets soos groot en klein sondetjies?

Luister nou Kommentaar

Nantes Kelder: “Alledaagse” misdaad

Laai af…
Nantes Kelder van AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid gesels oor daardie klein jakkalsies wat mense as minder ernstige oortredings beskou. Misdaad is misdaad!

Luister nou Kommentaar

Tobie Meyer: Kweek jou karakter

Laai af…
Wie is jy wanneer niemand jou sien nie? Dra jy by tot ‘n misdaadvrye Suid-Afrika of vuur jy misdaad eintlik aan deur ook maar bietjie te vinnig te ry, ‘n gekopieerde CD of DVD langs die pad te koop, ‘n onwettige immigrant in diens te neem of dalk ‘n verkeerskonstabel iets in die hand [...]

Luister nou Kommentaar

Dag van protes ‘n reuse sukses

Laai af…
Dirk Hermann gesels met Ilze Nieuwoudt oor Solidariteit se nasionale dag van protes teen misdaad. Meer as 350 memorandums is landswyd by polisiestasies oorhandig en duisende mense het rooi gedra om hul steun vir die veldtog te wys.

Luister nou Kommentaar

Kerke protesteer teen misdaad

Laai af…
Solidariteit het op al die kerke in Suid-Afrika ‘n beroep gedoen om deel te neem aan die dag van protes teen misdaad. Volgens ds. Ben du Toit moet Christene juis op grond van die Evangelie van Jesus Christus aan nie-gewelddadige protes teen alle vorme van geweld deelneem.

Luister nou Kommentaar

Kinders protesteer teen misdaad

Laai af…
Talle skole het aan die dag van protes teen misdaad deelgeneem. Dirk Hermann gesels met Monique Croucamp (gr 6), wat by haar skool ‘n unieke inisiatief geloods het.

Luister nou Kommentaar

Protessukses in die Wes-Kaap

Laai af…
Dirk Hermann gesels met Erika Rossouw oor die protesaksies wat in die Wes-Kaap as deel van Solidariteit se nasionale dag van protes teen misdaad gehou is.

Luister nou Kommentaar


  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube